WAT ONS AANBIED

Musikus vir spesiale geleenthede

Musiek speel ‘n belangrike rol in die skepping van die perfekte geleentheid. Hetsy dit vir troues, partyjies, konserte of ander geleentheid is. Dit skep die perfekte atmosfeer en voeg betowering by.   Laat ek die gaste vermaak by u troue / funksie, of laat ek ‘n konsert aanbied vir u kerk of organisasie se vondsinsameling.  Sien “menu” bo-aan bladsy vir meer inligting

STEPHANUS PANFLUITE

Bestel u eie pragtige handgemaakte en unieke Stephanus Panfluit. Elke instrument word gemaak van die beste natuurlike materiale en is akkuraat gestem op konsert-toonhoogte.   Sien “Panfluite” bo-aan die bladsy om my reeks panfluite te sien.

KURSUSSE: LEER SPEEL

Ek is besig om ‘n multi-media kursus op te stel vir die konsertina en vir die panfluit. In hierdie kursusse kombineer ek teks, musiek-notasie, prente, video en klankvoorbeelde. Die kursusse is ontwerp om studente te lei om die3 instrument op ‘n pret-manier, goed te leer speel.

Daar bestaan baie min leermateriaal vir hierdie twee instrumente, dus kan hierdie kursusse aan ‘n groot behoefte voorsien,.

 

Hopelik is hierdie kursusse binnekort hier beskikbaar.

HANDGEMAAKTE PANFLUITE

GETUIGSKRIFTE

“Paul, Baie dankie dat ons weer van jou wonderlike talent kon geniet! Kan jy nie maar ‘n bietjie nader kom woon nie?.”

– Blyde Steenberg

Soos gewoonlik was jou fluitspel gedurende die samesang vir my so besonders dat ek eintlik ophou sing het om te konsentreer op die fluit. Die hoogtepunt (Van de Hervormingsfees) was die ensemble se uitvoering waar jy soos n ervare ou meester die groep gelei het. Jou talent is werklik merkwaardig veral omdat jy dit oenskynlik so gemaklik hanteer.

-Chris en Stefinie Jacobs

OOR MY

Agtergrond

Ek het begin blokfluit speel op 6 jaar oud. Vorder baie goed en begin dwarsfluit speel op ouderdom van 10. Ek het eers lesgeneem by die musieksentrum van Hoërskool Staatspresident C.R.Swart, en by Pretoria Technichon.Ek het fluit-onderrig ontvang by  mev. Chippy Yutar en prof.John Hinch.  Verskillende musiekinstrumente fasineer my en op skool het ek geleer mondfluitjie en konsertina speel.

Na skool het ek musiek gaan studeer by die Universiteit van Pretoria. Fluit en klassieke kitaar was my hoof-instrumente.

In 1987 behaal ek met ‘n mondfluitjie die derde plek in ‘n Boeremusiek-kompetisie, met twee konsertinaspelers wat die eerste twee plekke behaal het (Sien foto)

In die weermag, speel ek konsertina in die Infanterieskool (Oudtshoorn) se dansorkes en rig die eenheid se koor af. Die koor en orkes het gereeld opgetree in en rondom Oudtshoorn en was baie gewild by die publiek.

Terwyl ek onderwys gee, het ek verder studeer. Ek voltooi my B.Mus (ed)(Hons); M.Mus en D.Mus grade aan die Universiteit van Pretoria. My doktorale tesis, met die titel, “South African unit standards for sight-singing, realized in a multiple-media training programme,” het ek voltooi in 2004, onder leiding van prof. Heinrich van der Mescht, prof. Caroline van Niekerk en dr. Johan Freissen.

In 1997 het ek ‘n Onderwyslisensiaat (UOLM) in fluit gedoen by UNISA, onder leiding van mev. Cecelia Yutar.

Ek het meestersklasse in fluit gekry by William Bennet (van Engeland), Shigenori Kudo (van Japan) en Trevor Wye (van VSA). Tydens hierdie meestersklasse het en waardevolle wenke gekry oor fluitspeel, interpretasie van musiek en openbare optredes.

Die klank van Gheorghe Zamfir se panfluit oor die radio het my baie gefassineer. In 1980 het ek my eerste panfluit gebou en dit geleer speel. Tans bou ek konsert-gehalte panfluite op ‘n klein skaal en tree gereeld op met die panfluit.

Ek is lid van die Tradisionele Boeremusiekklub en het by verskeie geleendhede as gaskunstenaar tydens Boeremusiekfunksies opgetree. Dit was groot pret toe ek onlangs by danse in Pretoria en Boksburg, met die panfluit saam met ‘’n tradisionele boere-orkes gespeel het. In 2006 het ek die nasionale boereorkeskompetisie beoordeel saam met oom Manie Bodenstein.

In 2003 het ek saam met die Belgiese singer, Heintje Simons ‘n konserttoer onderneem, as deel van sy orkes. Daar het ek fluit, panfluit en accordion gespeel. ‘n Internasionale kunstenaar wat oor die hele wêreld toer, stel baie hoë eise aan musikante en Hein was baie beindruk met die plaaslike orkes.

Ek is die dirigent van Alberton se mannekoor en van  Alberton se dameskoor.

Ek tree gereeld op as fluitspeler, panfluitspeler en akkordionis by konserte, troues, eredienste en ander funksies en tree ook op as aflos-orrelis tydens eredienste en begrafnisse.

Ek doen ook musiek-verwerkings vir kore en ‘n verskeidenheid instrumentale ensembles.

Vaardighede

Dwars Fluit 90%
Panfluit 90%
Mondfluitjie 90%
Trek Klavier 80%
Konsertina 70%
Klasieke Kitaar 70%
Orrel 70%
Klavier 70%
Panfluite ontwerp en bou 90%
Musiek verwerking 80%
Musiek notasie op rekenaar (Sibelius) 90%
Vervaardig rekenaar- begeleidings (backtracks) 80%
Doen klank-opnames 70%
Bladsang-onderrig vir kore / individue 90%
Koorleiding 80%
Saamstel van opvoedkundige musiekprogramme/ leerboeke 90%

Ek dink ek is die beste panfluitspeler in die land. Ek sal graag enige een wil uitdaag vir ‘n kompetisie.