Die keuse van musiek vir die huwelik-seremonie, die saamkuier daarna en die onthaal, bebaal die atmosfeer van die geleendheid. Daar is ‘n paar hoogtepunte tydens die formele seremonie, waar musiek gepas kan wees. Hier is ‘n paar voorstelle vir tradisionele (en minder tradisionele) musiek vir elkeen van hierdie hoogtepunte.

(Dit is belangrik dat die bruidspaar musiek moet kies wat by hul troue sal pas.)

Musiek vooraf:

DIe gaste kom die kapel binne, groet bekendes en kry sitplek. Die musiek help om ‘n

PaulFluit

opgewekte gevoel van afwagting te skep. ‘n Paar gunstelinge is:

  • Serenade (Haydn)
  • Le Rejoissance (Handel)
  • Air on the G string (Bach)
  • Bach/ Guonod: Ave Maria
  • Jesu, joy of man’s desiring (Bach)

 

Tydens die seremonie:

      Bruid stap in

  • Mendelssohn: Troumars
  • Troumars (Mendelssohn)
  • Bruidskoor (Wagner)
  • Intog van die koningin van Skeba (Handel)
  • Halelujia-koor (Handel)

 

    Samesang

Enige gepaste lied/ liedere kan goed wees. Maak seker dat dit bekend is vir die gaste, sodat almal lekker kan saamsing.

  • Kom dank nou almal God
  • O Heer my God
  • Praat ek mense- engeletale
  • Genade onbeskryflik groot

 

    Gee ringe vir mekaar

Die panfluit se klank voer dadelik die luisterraar meeAL die aandag is op die bruidspaar gevestig. Die musiek dra by om hierdie oomblik ‘n hoogtepunt van die huwelikseremonie te maak. Geestelike, klassieke- of ligte musiek kan hier gepas wees.

  • Ave Maria (Bach/ Gounod) or (Shubert)
  • Schon Rosmarin (Kreisler)
  • Love changes everything (Lloyd-Weber)
  • Plasir d’ amour (Martini)
  •  Amazing grace
  • How great thou art
  • Alleluia (Mozart)

  Teken huweliksregister

Dikwels bly die gaste sit terwyl die bruidspaar en getuies die register teken. Die atmosfeer is ontpanne en die gaste kan die musiek geniet.

  • Humoresque (Dvorak)
  • Minuet (Boccherini)
  • Any dream wil do (Lloyd-Weber)
  • Rondo a’la Turca (Mozart)

   Gaste verlaat die kapel

DIe gaste stap uit om die pasgetroudes buite in te wag. DIe bruidspaar neem nog ‘n paar foto’s saam met familie en die predikant.

  • Trumpet Voluntary (Clarke)
  • Le Rejoissance (Handel)
  • Haleluja- koor (Handel)

Bruidspaar verlaat die kapel

Die gaste verwelkom die pasgetroude paartjie buite die kapel. Dit werk goed om dieselfde musiek waarop die bruid ingestap het, weer te speel. Die gaste weet dan dat die bruidspaar op pad is.

Musiek terwyl gaste wag vir die bruidspaar

 

Ek speel dikwels op die akkordion terwyl die gaste verversings geniet en informeel kuier. DIe Akkordion skep ‘n heerlike, ontspanne atmosfeer, wat herhinder aan ‘n Europese straatkafee.

  • La Vie en Rose (Piaf)
  • O sole mio (Di Capua)
  • Schneewalzer (Koschat)
  • Tulips from Amsterdam (Neumann)

Musiek tydens die onthaal

Terwyl die gaste vir die bruidspaar wag, tussen die formaliteite en tydens die ete, kan lewendige musiek ‘n wonderlike atmosfeer skep. Ek speel ‘n verskeidenheid van musiek-style en wissel tussen fluit, panfluit en akkordion.

  • Sneeuwals
  • Strenuous life (Joplin)
  • I know him so well (Rice)
  • Birdie song (Trad)
  • Minuet (Boccherini)

Kom gesels gerus met my

Kom maak gerus ‘n draai en bespreek die verskillende moontlikhede vir musiek by u troue, met my. Dit sal my ook help om te verstaan presies wat julle in gedagte het.

Pryse:

My fooie is besonder billik Dit hang af van hoe lank ek moet speel. Kontak nmy gerus vir meer besonderhede