Ek bied verskillende tipes uitvoerings aan, waar ek op die fluit, panfluit, akkordion of ander instrumente speel.

Hier is ‘n kort video met uiitrksels uit konserte. Dit is nie professioneel opgeneem nie, maar gee tog ‘n goeie idiee van wat ek doen.

Konsert- uittreksels

Ligte musiek konserte

Ek speel ‘n verskeidenheid bekende polulêre- en klassieke melodieë op die dwarsfluit, panfluit en trekklavier.  Dikwels geniet die gehoor dit ook om enkele bekende volksliedjies saam te sing.

‘n Vol lengte konsert het gewoonlik twee helftes van 40 – 45 minute elk. Ek wissel musiekstyle en instrumente af om dit om te verseker dat die gehoor die konsert geniet. In die tweede helfte speel ek graag die “Karnaval van Venisië”, waar ek ‘n stel variasies speel op 18 verskillende instrumente.

Ek tree alleen op of saam met ander musikante- afhangende van wat die organiseerders verkies.

Klassieke konserte

Konsert vir liefhebbers van klassieke musiek. Ek gee ‘n meer formele konsert met ‘n verskeidenheid musiekstukke vir fluit gekomponeer asook verwerkings van gewilde werke, oorspronklik vir ander instrumente gekomponeer.

Vol lengte konsert bestaan uit twee helftes van ongeveer 45 munute elk. ek begin gewoonlik met barokmusiek en eindig met musiek uit die romantiese era. Hierdie konsert doen ek saam met opgeneemde begeleiding (“backtrack”), dikwels saam met ‘n baswvioolspeler. Om die musiek meer outentiek te maak, tree ek op saam met ‘n pianis in plaas van ‘n opname.

Soiree / skemerkelk

‘n Musiek-uitvoering saam met ‘n ete of peuselhappies kan ‘n ideale vonds-insameling geleentheid vir u wees. Met ‘n soiree speel ek voor die ete, tussen gange en na die tyd musiek items- wat pas by die geregte wat voorgesit word. Terwyl die gaste eet, speel ek Europese musiek op die akkordion, wat ‘n heerlike, gesellige atmosfeer skep.

‘n Soiree werk besonder goed in ‘n restaurant. Dit is ook baie gesellig in ‘n kerksaal of soortgelyke lokaal, waar ‘n ete voorgesit word. word.

Formele funksies

By meer formele funksies, waar ‘n spreker die gehoor toespreek, is ‘n musikale verposing altyd welkom. By so ‘n geleentheid speel ek een of meer musiekstukke of lewer ‘n kort program.

Bejaarde-funksies of sosiale byeenkomste

‘n Musiek-uitvoering is altyd baie gewild met bejaarde-funksies. Dan speel ek bekende melodieë wat die gaste ken en geniet. Saamsing is gewoonlik ook iets wat die bejaardes geniet. Ek tree graag op by aftree-oorde, kerke se bejaardegroepe en ouetehuise.

Eredienste

Die fluit / panfluit gee ‘n besondere sprankel aan die musiek van ‘n erediens. Vooraf, tydens kollekte en na die erediens, is die soet klank van die fluit of panfluit baie besonders.

Terwyl die gemeente sing, speel ek saam met die orrel  of ander begeleiding. Beide die fluit en die panfluit leen hulle baie goed daartoe om deskante te speel en vinnige lopies om die musiek aan te vul. Op hierdie manier word die gemeentesang ‘n unieke ervaring en kry die liedere meer betekenis.