Afrikaanse volksliedjies vir saamsing

1.  Sarie Marais

1.  My Sarie Marais is so ver van my hart,

maar’k hoop om haar weer te sien.

Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,

nog voor die oorlog het begin.

Refrein

O bring my t’rug na die ou Transvaal,

Daar waar my Sarie woon,

daar onder in die mielies by die groen doringboom,

Daar woon my Sarie Marais   x2

2.  Ek was so bang dat die Kakies my sou vang

en ver oor die see wegstuur;

toe vlug ek na die kant van die Upington se sand

daar onder langs die Grootrivier.

Refrein

2.  Suikerbossie

1.   Suikerbossie, ‘k wil jou hê,

Suikerbossie, ‘k wil jou hê,

Suikerbossie, ‘k wil jou hê;

Wat sal jou mamma daarvan sê?

2. Dan loop ons so onder deur die maan,

dan  loop ons so onder deur die maan,

dan loop ons so onder deur die maan,

ek en my Suikerbossie saam!

3. Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;

sy  kan nie tee maak nie, haar tee is flou;

sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou;

tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou!

3.  Bobbejaan klim die berg

Bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig,

bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig,

bobbejaan klim die berg om die boere te vererg. Hoera vir die jollie bobbejaan!

O, moenie huil nie, o moenie treur nie die Stellenbosch se boys kom weer.

O, moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosch se boys kom weer.

4.  Marching to Pretoria

1. Jou kombers en my matras en daar lê die ding, daar lê die ding,

daar lê die ding o,

Jou kombers en my matras en daar lê die ding, daar lê die ding,

daar lê die ding,

we are marching to Pretoria Pretoria, Pretoria.

We are marching, to Pretoria, Pretoria rules the waves.

2. Die eenkant op en die anderkant af en daar lê die ding, daar lê die ding,

daar lê die ding,

die eenkant op en die anderkant af en daar lê die ding, daar lê die ding,

daar lê die ding,

we are marching to Pretoria, Pretoria, Pretoria.

We are marching to Pretoria, Pretoia rules the waves.

5.  Vêr in die wereld,  Kittie

Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie,

ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see.

Sy laat haar draai en sy laat haar swaai

maar sy laat haar nie verraai,

sy laat haar draai sy laat haar swaai,

sy laat haar nie verraai.

6.  My hartjie, my liefie

1.  My hartjie, my liefie,

die son sak weg,

die son sak weg, die son sak weg.

My hartjie, my liefie, die son sak weg,

daar onder by die blou berge

Refrein

En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;

sy is so mooi en so liefies vir my.

En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;

daar onder by die blou berge.

2. My hartjie, my liefie, die maan kom op,

die maan kom op, die maan kom op.

my hartjie my liefie, die maan kom op

daar onder by die blou berge

Refrein

3.  My hartjie, my liefie, die maan sak weg,

die maan sak weg, die maan sak weg,

My hartjie, my liefie, die maan sak weg

daar onder by die blou berge.

Refrein

7.  Tant Hessie se witperd

Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,

Hessie se witperd, Hessie se witperd!

Kyk hoe ry tant Hessie se witperd;

Hessie se witperd bo!

Julle maak verniet tant Hessie se witperd sleg;

tant Hessie se witperd maak die hele wereld reg.

O kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,

Hessie se witperd, Hessie se witperd,

Kyk hoe ry tant Hessie se witperd,

Hessie se witperd bo!

8.  Blink vosperd

O, ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd

met ‘n splinternuwe saal;

en ek klim op my perd, my blink vosperd,

en ek kom om jou te haal.

Want jy het gese as ek jou wil hê

dan moet ek jou kom haal

op mooi ryperd, ‘n blink vosperd,

met ‘n splinter nuwe saal. 2x

9.  Daar kom die Alibama

Daar kom die Alibama,

Die Alibama die kom oor die see [2x]

Nooi, nooi die rietkooi, nooi, die rietkooi

is gemaak,

Die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap [2x]

Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see [2x]

Ou vrou steek op die kers,

daar’s iets hier in my kooi

steek tog op die kers ou vrou ek dink dit is ‘n vlooi. [2x]

Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see [2x]

10.      Liefdesliedjie

Jy, jy is my klein hartedief.

Jou, jou het ek so lief.

Jy, jy laat my so treurig voel,

weet tog hoe goed ek bedoel;

Ja, ja, ja, ja, weet tog hoe goed ek bedoel

Jy, jy kon soms so tergsiek wees,

ja, so wankel van sin;

Jy, jy kan soms vererg ook wees,

weet tog dat ek jou bemin.

Ja, ja, ja, ja, weet tog dat ek jou bemin.

En, en is ek daar ver alleen,

dan, dan dink ek aan jou.

Hoe, hoe trek my dan hierheen

tot ek dit langer nie hou.

Ja, ja,ja,ja, tot ek dit langer nie hou.

11.      Een triomfantelik lied van die Zilvervloot

Heb je wel gehoord van de Zilveren vloot,

die Zilverenvloot van Spanje!

Die had er veel Spaanse matten aan boord

en appeltjes van Oranje.

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,

zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,

hy heeft gewonnen de Zilveren vloot,

hy heeft gewonnen de Zilveren vloot!

12.      Nonnaslied

1.  Mooie meisies, fraaie bloeme,

al die meisies wil ek soene.

sit die nonnas op ‘n ry,

kyk hoe mooi is hul vir my.

Kan ek al die nonnas krye, sal’k hul aan ‘n snoertjie rye

snoertjie rye, paar aan paar.

Skink die jonkmans nuwe jaar!

2.  Baie nonnas kies en keure,

wie sal haar tog aan my steure.

Net vir wie ek ogies maak

is die nonna na my smaak

Maar as sy nie loer na my nie, sal sy my sowaar nie kry nie.

daar’s nog ander in die ry

dalk wag ene net vir my.

3. Treurig hartjie lig van sinne,

‘k wou so graag ‘n stryd beginne.

Voor jy weer ‘n stryd begaan,

vat dit nie so haastig aan.

Haastigheid maak lig beroue,

dis nie goed so jonk te troue.

Huisverdriet kom net gewis,

voor jul in jul jare is!

13.      Afrikaners is plesierig

Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo,

hulle hou van partytjies, en dan maak hulle so:

Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man,

en hy vat aan haar lyfie en dan draai hulle saam.

Goeie nag, my vroutjie, goeie nag my man!

Oor ‘n week ‘n partytjie, en draai ons weer saam.

14.      Jan Pierewiet

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil;

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil.

Goeie more my vrou, hiers ‘n soentjie vir jou.

Goeie more my man, daar is koffie in die kan.

15.      Dis Julle Wat Die Wind

Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind

Dis julle wat die wind laat waai

Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind

Dis julle wat die wind laat waai

Dis ‘n bobaadjie , dis ‘n onderbaadjie

Dis ‘n onderstebo baadjie

Dis ‘n bobaadjie , dis ‘n onderbaadjie

Dis ‘n onderstebo baadjie

16.      Die Kat kom weer

1. Ou Jan Wilson had ‘n kat wat die ou nie wou verlaat; Hy’t alles geprobeer om die kat daar weg te keer; selfs na die predikant om raad van hom te kry. Die predikant die het gesê: Die kat moet daar bly.

2. Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag, die kat kom weer, net die volgende dag, die kat kom weer -o glo vir my dis waar- die anderdagmôre was die kat weer daar.

3. Hulle sit hom op ‘n skip en hul stuur hom na Ceylon. Die skip die was gelaai met ‘n twaalfduisend ton. Nie ver nie van die land daar het die skip gesink; en al die matrose op die skip het verdrink.

4. Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag, die kat kom weer, net die volgende dag, die kat kom weer -o glo vir my dis waar- die anderdagmôre was die kat weer daar.

5. Hulle sit hom in ‘n ballon en die man neem dit aan: Die katjie te gaan gee vir die man in die maan. Die ballon het gebars met ‘n geweldige skoot: tien myl van die plek lê die man morsdood.

6. Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag, die kat kom weer, net die volgende dag, die kat kom weer -o glo vir my dis waar- die anderdagmôre was die kat weer daar.

7. Die boer die sweer toe blou: Ja, hy sou die kat doodskiet. Hy laai toe sy ou sanna met kruit en dinamiet. Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom -die anderdagmôre lê daar net vel en been!

8. Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag, die kat kom weer, net die volgende dag, die kat kom weer -o glo vir my dis waar- die anderdagmôre was die kat weer daar.

9. Die kat sit op die stoep en hy eet ‘n stukkie kaas; daar kom ‘n Skotsman aan, hy maak ‘n groot geraas; die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot, die Skot speel Britannia, die kat skrik hom dood.

10. Maar sy gees kom weer, want hy wil nie langer wag, sy gees kom weer, net die volgende dag, sy gees kom weer–o glo vir my, dis waar– die anderdagmôre wat die kat weer daar.

17.      Daar kom die wa

Daar kom die wa, die vierperde wa!

Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry.

Tant Leentjie draai, stadig swaai,

daar onder in die baai,

tant Leentjie draai, stadig swaai,

daar onder in die baai.

18.      Oukraalliedjie

Jy met jou mandolientjie,

ek met my bandolientjie,

sing ons die Oukraalliedjie saam;

sing ons van waterstrome,

slange in olienthoutbome

en ‘n ribbok wat daar teen die rantjie staan.

Ons sing, ons speel, van die Oukraal wat ons

nooit nie sal verveel, sal verveel.

Jy met jou mandolientjie,

ek met my bandolientjie,

sing ons die Oukraalliedjie saam.

19.      Vat jou goed en trek

Vat jou goed en trek Ferreira,

Jannie met die hoepelbeen!

Agter die bos is ‘n klompie perde,

vat jou goed en trek!

Swaar dra al aan die een kant [3x]

vat jou goed en trek!

20.      Aanstap rooies

Aanstap rooies!  die pad is lank en swaar,

die mense wag al daar en die koffie is al klaar.

O, laat julle kwasies swaai, swaai,

laat julle kwasies swaai,

wieg julle koppe fraai en

laat die wiele draai.

21.      So ry die trein

So ry die trein, so ry die trein

die Kimberley se trein.  [2x]

Hoor daar hoe stoom hy,

stoom hy, stoom hy,

opdraend en afdraend,

Kimberley se trein

22.      Trekliedjie

Die sweep het geklap en die wawiele draai

agter die rooispan aan.

Ons harte is swaar; die skeiding is daar

van die plaas waar ons tuiste staan.

Trek oor die vlakte en trek oor die rand.

Stadig nou! briek aandraai!

Hotagter! Haaragter!  Vat nou die wa!

Geluk lê net om die draai!

Uitspan vanaand, uitspan vanaand, uitspan op Mooifontein!

Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!

Geluk lê net om die draai!

23.      Saai die waatlemoen

Saai die waatlemoen [4]

My mamma roei in die skuitjie,

my pappa blaas die fluitjie,

my boetie draai die orreltjie,

saai die waatlemoen

24.      Daar kom tant Alie

Daar kom tant Alie, tant Alie, tant Alie,

daar kom tant Alie, tant Alie, om die draai.

En tant Miena kook stroop van die meboskonfyt,

van die Wellingtonse suiker teen die trippens en pond,

en tant Miena kook stroop van die meboskonfyt,

van die Wellingtonse suiker teen die trippens en pond.

25.      Daar oorkant die spruit

Daar oorkant die spruit staan ‘n mooi rooi blom.

Hoe sal ek maak om by haar te kom?

Dis te ver om te loop, dis te na om te ry.

Hoe sal ek maak om die blom te kry?

Dis nie myne nie, dis nie joune nie,

dis anderman se goed wat jy om stry. [2x]

26.      Langs Coetzenburg

Langs Coetzenburg vloei ‘n waterstroom, haai, haai, joegaai!

Daar staan ‘n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!

Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!

sy liefde beloof, die onnosele vent,

of afjak gekry en sy bakkies geskend,

en skielik ontwaak uit sy lentedroom.

Pasop vir die ou eikeboom, pas op!

Daar waar die bloue pieke troon,

waar die kwaai professor woon,

daar is ons universiteit;

maar ons hou altyd jolyt, jolyt!

Ek is nou wel ‘n tokkelok

maar Pa’t gesê ek kan maar bok.

En as die son sy kop wegtrek,

dan’s daar vir my net een plek, een plek!