Ek bied verskillende pakette aan om verskillende behoeftes te akkommodeer.

Gesels gerus met my indien u iets anders in gedagte het.


Pakket 1: R 3 000
Huwelikseremonie

Alle musiek vir die formele huwelikseremonie (Maksimum 90 minute)

  • Dr Paul Potgieter bespeel die fluit / panfluit/ ander instrumente:
    • Lewendige musiek voor die seremonie begin
    • Met die inkoms van die bruid
    • Spesiale item/s tewyl bruidspaar ringe uitruil,
    • Spesiale item terwyl bruidspaar die register teken,
    • Begeleiding van gemeensesang (indien enige) of fluitspel saam met orrel/ ander begeleiding
    • Wanneer gaste die kapel verlaat
    • Wanneer bruidspaar die kapel verlaat

Pakket 2: R 3 500
Huweliseremonie en lewendige musiek vir gaste na die seremonie:

  • Musiek tydens die huwelikseremonie (Pakket 1) en
  • lewendige musiek terwyl die gaste kuier
  • Musiek gespeel op akkordion / fluit / panfluit
  • Maksimum 60 minute na die huwelikseremonie.

Pakket 3: R 4 000
Volledige troue

  • Lewendige musiek tydens die volgende dele van die troue:
  • Tydens die formele seremonie (packet 1)
  • Terwyl gaste wag en kuier (Pakket 2),
  • Tydens die onthaal:
    • Terwyl gaste die onthaalvertrek binnekom an wag vr die bruidspaar
    • Wanneer bruidspaar die vertrek binnekom,
    • Agtergrondmusiek terwyl die gaste kuer, musiek tusssen toesprake en ander formaliteite soos die sny van die troukoek,
    • Agtergrondmusiek tydens die ete.
    • Maksimum 2 ure by die onthaal

Verlengde tyd

R 1 000 per uur of gedeelte van ‘n uur wanneer ek langer moet speel as gespesifiseer in die onderskeie pakkette


Ekstra musici

Addisionele musici:

Ek tree gereeld op saam met Mnr T. Mohale, basvioolspeler van Johannesburg simfonie-orkes. Die kombinasie van die basviool se diep klanke en die fluit / panfluit / akkordion skep ekstra diepte en karakter in die musiek

Addisionele koste: R 1 000


Klanktoerusting: Gratis

Ek vierkies dit om my eie klanktoerusting te gebruik om my begeleidings te speel en om te verseker dat almal die musiek kan hoor. My sisteem is voldoende vir ‘n lokaal van maksimum 1 000 mense. Ek het mikrofone beskikbaar vir die seremoniemeesterm of ander sprekers om te gebruik tydens die funksie.

Reiskoste:

Ongelukkig moet ek reiskoste by my fooie voeg wanneer ek meer as 20 km vanaf Alberton moet reis vir ‘n optrede.

R 1,80  vanaf Alberton en terug.