Hier is my fooie vir 2022. Hierdie is slegs riglyne en is onderhandelbaar. Ek probeer om my fooie bekostigbaar te hou, maar ook so dat die optredes vir die musici die moeite werd is.
Konsert (ligte / klassieke): R 4 000
- Program gewoonlik in twee helftes van 40 – 45 minute elk.
- Dr Paul Potgieter bespeel die fluit, panfluit en verskeie ander instrumente.
- Mnr Tiisetso Mohale bespeel die basviool.
- Klanksisteem, geskik vir ‘n lokaal met sitplek vir maksimum 1 000 mense. Die seremoniemeesterof ander sprekers is welkom om my mikrofone te gebruik.
Soiree R 3 000
- Beplande program om te pas by elke gang van die maaltyd, lokaal en gehoor.
- Dr Paul Potgieter bespeel die fluit, panfluit en verskeie ander instrumente.
- Mnr Tiisetso Mohale bespeel die basviool.
- Klanksisteem, geskik vir ‘n lokaal met sitplek vir maksimum 1 000 mense. Die seremoniemeesterof ander sprekers is welkom om my mikrofone te gebruik.
Funksie R 1 500
- Program van 10 tot 50 minute
- Dr Paul Potgieter bespeel die fluit, panfluit en verskeie ander instrumente
- Klanksisteem, geskik vir ‘n lokaal met sitplek vir maksimum 1 000 mense. Die seremoniemeesterof ander sprekers is welkom om my mikrofone te gebruik
- Ekstra musikante: R 500 elk
Erediens / geestelike byeenkoms:
R 1 500
- Dr Paul Potgieter bespeel die fluit, panfluit (of ander instrumente soos nodig)
- Lewendige musiek voor die begin van die erediens.
- Enkele instrumentale items tydens die diens.
- Fluit / panfluitspel saam met die kerk se orrelis / pianis / begeleiding terwyl die gemeente sing,
- Indien nodig, kan ek die gemeentesang begelei op orrel / klavier / klawerbord.
- Indien nodig, bring ek my klanksisteem en klawerbord.
- Ekstra musikante: R 500 elk
Reiskoste
Ongelukkig moet ek reiskoste by my fooie voeg wanneer ek meer as 20 km van Alberton optree.